Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: "Crossover"
Re: "Crossover" [boodskap #5956] Vr, 15 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
zuc...@maccs.mcmaster.ca (Jeffery Zucker) wrote:
<<>P.S. Wat is goeie Afrikaans vir "crossover" in hierdie sin? >>

Crossover

:)
Re: "Crossover"2 [boodskap #5965 is 'n antwoord op boodskap #5956] Sa, 16 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Net 'n addendum tot my lang storie: dit wat ek oor Afrikaans Stereo se
antualiteitsprogramme gesê het - d.w.s. "crossover" tussen rasse, is ook
deur die Onafhanklike Uitsaaiowerheid waargeneem na ons (SAUK se) dekking
van die plaaslike verkiesings. Ek het nie die dokument voor my nie, maar
hulle het die program daaroor gekomplimenteer.

Hendrik
Re: "Crossover" [boodskap #5969 is 'n antwoord op boodskap #5956] Sa, 16 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hendrik Martin <mar...@sabc.co.za> wrote:
<<>Ek neem aan hierdie "oorgang" bestaan al so lank as Afrikaans bestaan....'n
> Afrikaanssprekende Moslem-kollega se^ die eerste geskrif in Afrikaans was
> die Koran.....ens....>>>

Sover ek weet is dit inderdaad so. Dit was in die Kaap gedoen. As ek
reg onthou, was dit die Koran (of dele daarvan) foneties geskryf in
Afrikaans - nog voor die beweging vir Afrikaans in die Paarl wakker
geword het.
Re: "Crossover" [boodskap #5970 is 'n antwoord op boodskap #5956] Sa, 16 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 07:04 AM 3/15/96 SAT, you wrote:
> Hendrik Martin skryf:
[knip]
> Bedoel jy dat hierdie "crossover" plaasgevind het, of sterk
> toegeneem het, alleen sedert die eind van apartheid?
> Het jy bewys, anders dan anekdoties, hiervoor?
> As dit waar is, is dit goeie nuus, want dit waarborg
> die voortbestaan van Afrikaans.
>
> Jeff
>

Ek neem aan hierdie "oorgang" bestaan al so lank as Afrikaans bestaan....'n
Afrikaanssprekende Moslem-kollega sê die eerste geskrif in Afrikaans was
die Koran. Dit kon wel so gewees het, behalwe dat hy self die Koran in
Arabies moes leer lees. Apartheid het bloot veroorsaak dat blankes (veral ek
wat my lewe lank in die Transvaal bly) nie hierdie "ander"
Afrikaanssprekendes van nader leer ken het nie. Sonder apartheid is hierdie
mense nou tussen ons, en kan ek dit eerstehands waarneem.

Ek doen onder andere bydraes vir Afrikaans Stereo se aktualiteitsprogramme
(Monitor en Spektrum), en in terme van die SAUK se beleid moet 'n mens 'n
poging aanwend om alle rasse in die luisteraarsgroep te sluit. Dit geld vir
al die stasies, maar dit lyk of dit die maklikste op Afrikaans Stereo
gebeur. Ek werk ook vir Engels (SAfm), maar ek vind die kultuurverskille is
te groot, omdat dit nie 'n kulturele taal (soos Afrikaans) is nie. Dit is
ook waarom hulle luisteraars verloor het. Meeste mense verstaan miskien
Engels, maar identifiseer nie noodwendig met die programinhoud nie. In
Afrikaans lyk dit vir my of ons veel meer (kultureel) in gemeen het, selfs
al is sommige van ons Christene en ander Moslems. Dit is nie anekdoties nie,
dit is waarneming, en my gevolgtrekking is dat die gemeenskaplike taal baie
daarmee te doen het.

'n Ander ding wat ek ook eerstehands waarneem is dat sommige swartes vanuit
'n Zoeloe, Sotho of ander etniese agtergrond daarop aandring om Afrikaans
(as 'n tweede taal) eerder as Engels met my te praat. Ander (in townships)
praat soms Afrikaans met mekaar: maar dit is 'n township-dialek, herkenbaar
as 'n soort Afrikaans, maar moeilik verstaanbaar vanwee die baie ander
woorde. Die Afrikaanse deel daarvan is ook nie maklik nie, want hulle heg
ander betekennisse aan die woorde wat ons ken. Ek is nie 'n taalsosioloog
nie, dus skryf ek hierdie waarnemings as 'n leek. Wat egter duidelik is, is
dat al hou "ons" (blanke Afrikaners) op om die taal te praat, is baar baie
ander mense wat dit sal praat, al is dit ook in 'n ander vorm.

Net 'n laaste interessante anekdote: 'n vriend van my was 'n paar jaar
gelede in Surinam in Suid-Amerika. Hulle loop toe 'n (redelik primitiewe)
Indiaanse stam in die oerwoud raak. Die Indiane, sê hy, het 'n Hollandse
dialek gepraat (maar nie as eerste taal nie) wat baie na aan Afrikaans was,
en hulle kon sonder moeite met die Indiane in Afrikaans kommunikeer.

Hendrik
Re:"Crossover" [boodskap #6000 is 'n antwoord op boodskap #5956] Di, 19 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
At 10:00 AM 3/19/96 SAT, you wrote:
> Beste JEHOEFMAAR,
> Jammer oor die verwarring maar die skuldige het dit seker ook te lese gekry
> Daan

Non sequitur:

Ek het iewers gehoor dat sommige mense aangetrokke voel tot skuld.... dat
hulle skuld sal erken vir iets wat hulle nie gedoen het nie... dit is 'n
soort masochisme. =;->

Hendrik
Vorige onderwerp: Boeken (Re:)
Volgende onderwerp: Re: Die ouens van Oz
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 23:20:13 MGT 2024